Die God van Alle Hoop
Manage episode 453746730 series 3072738
Romeine15:13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (DB)
Het jy al ooit gewonder hoe mense wat jou ontmoet, jou ervaar? Wie of wat beleef hulle? Is dit ‘n persoon met uitbundigheid of moedeloosheid; is hy vol vreugde of is hy morbied; is hy vriendelik of gaan hy jou dalk manipuleer? Het jy al ooit gewonder hoe ander oor jou voel?
Soms wanneer ek inkruip om te gaan slaap, dink ek aan die mense met wie ek gedurende die dag skouers geskuur het. Ek dink eerste aan my vrou – het ek haar aangemoedig, het ek haar spesiaal laat voel, of was ek 'n bietjie te kortaf met haar? Daardie videokonferensie met ons span in Indië – het ek hulle laat verstaan dat ek hulle waardeer, of was ek dalk te saaklik?
Dit is nie slegte vrae om onsself af te vra nie, want ons het almal maar ‘n paar snaakse nukke en grille wat ander beïnvloed. Dis die rede waarom ons 'n helpende hand nodig het. 'n Bron van ‘transformasiekrag’ wat verander wie ons is. Ja, sodat die ander mense wat ons ontmoet, die veranderde weergawe van die ‘ou-ek’ beleef!
Romeine 15:13 Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (DB)
Sien jy? God se blydskap, God se vreugde en God se vrede manifesteer natuurlik deur ons wanneer ons op Hom vertrou. En nie net as 'n warm, vae snoesige gevoel binne-in nie. Nee, jy sal soveel meer hoop hê, en dit sal deur die krag van die Heilige Gees uit jou na ander mense vloei.
En dit verander wie jy is. Dit verander wie mense ontmoet. Dit verander die impak wat jy op hul lewens sal hê. En dit gebeur, wanneer ons op Hom vertrou.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
1448 episoade